Fawzia Foead van Egipte

Fawzia Foead
Koningingemalin van Iran
Koningin Fawzia in die 1940's.
Koningin Fawzia in die 1940's.
Gade Sjah Mohammed Reza Pahlevi (1941-1948)
Ismail Chirine (1949-1994)
Irannese koningin 16 September 1941 -
17 November 1948
Vader Foead I van Egipte
Moeder Nazli Sabri
Gebore (1921-11-05)5 November 1921
Alexandrië, Sultanaat Egipte
Kinders 3
Vorstehuis Dinastie van Mohammed Ali (volgens geboorte)
Pahlavi-dinastie (volgens huwelik)
Godsdiens Islam

Fawzia Foead van Egipte (Arabies: الأميرة فوزية فؤاد‎; Persies: شاهدخت فوزیه فؤاد‎; ook bekend as Moeloek Fawzia van Iran en Fawzia Chirine, was 'n Egiptiese prinses wat koningin van Iran geword het as die eerste vrou van sjah Mohammed Reza Pahlevi.

Fawzia was die dogter van Foead I van Egipte.[1][2] Haar huwelik met die Irannese kroonprins in 1939 was 'n politieke ooreenkoms:[3][4] Dit het die Egiptiese mag en invloed in die Midde-Ooste gekonsolideer en terselfdertyd eerbiedwaardigheid verleen aan die nuwe Irannese regime deur 'n verbintenis met die veel prestigeryker Egiptiese koningshuis. Dit was nooit 'n liefdesverbintenis nie en Fawzia het in 1945 'n Egiptiese egskeidingsbevel gekry (wat eers in 1948 in Iran erken is), waarvolgens hulle dogter, prinses Shahnaz, in Iran sou grootword.

In 1949 is Fawzia getroud met kolonel Ismail Chirine, 'n Egiptiese diplomaat, by wie sy 'n seun en dogter gehad het.

  1. "Princess Fawzia Fuad of Egypt". The Telegraph. 5 Julie 2013. Besoek op 16 Julie 2013.
  2. "Princess Fawzia, Shah's first wife, dies in Egypt". Reuters.
  3. Camron Michael Amin (1 Desember 2002). The Making of the Modern Iranian Woman: Gender, State Policy, and Popular Culture, 1865-1946. University Press of Florida. p. 137. ISBN 978-0-8130-3126-2. Besoek op 3 Julie 2013.
  4. "Centers of Power in Iran" (PDF). CIA. Mei 1972. Besoek op 5 Augustus 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy